Die digitale nuusdiens Netwerk24 is in besit van albei stemboodskappe.
In die een sê die student aan haar vriendin: “Ai, toemaar. Ons het nou net sulke lekker sports gehad in die koshuis. Ons het ’n huisvergadering gehad, toe begin die mense mekaar uithaal. Van die een meisie wat die ander een blykbaar gesê het, sjuut – en toe sê sy vir die k ***** m**d. Of die meisie het vir die k ***** m**d gesê . . .”
In die tweede stemboodskap sê die student: “Sorry vir daai een. Een van die wit meisies het vir ’n k ***** m**d gesê sjuut of so iets. Toe sê en toe sê die k ***** m**d blykbaar soos ’n paar . . .”
Die student het gister nie op navrae gereageer nie.
...
Die dele van die stemboodskappe wat gepubliseer is, is slegs dié dele van die gesprek tussen die eerstejaarstudent en haar vriendin wat aan Netwerk24 gegee is en op die WhatsApp-groep beland het.