(article only available in Afrikaans)
Span die gordels styf! Ja, span! Nog meer! Hul verdiende loon om paleise te koop om die bure (Jones') te beindruk, en nie gedink het om hul begroting na te speur nie!
Tot 8 000 kan huis verloor
Altesame 55 000 Suid-Afrikaanse huiseienaars ly aan verbandstres nadat die prima koers die afgelope twee jaar van 10,5% tot 15,5% geklim het.
Dié syfers blyk uit nuwe navorsing deur die Alliance Group.
Volgens mnr. Rael Levitt, uitvoerende hoof, beteken dit hulle is meer as een maand agterstallig met hul maandelikse verbandpaaiemente.
Hy sê 8 000 van die huiseienaars is drie maande agterstallig en loop die gevaar dat hulle hul huise gaan verloor.
Mnr. Gavin Opperman, Absa se uitvoerende groephoof vir gesekureerde lenings in die kleinhandelafdeling, het bevestig dat talle huiseienaars onder druk is nadat die rentekoersverhogings hulle onkant betrap het.
Hy sê veral diegene aan wie verbandlenings die afgelope 24 maande toegestaan is, sukkel.
Banke is egter nie ten gunste daarvan om beleggerswaarde te vernietig deur huise terug te neem nie en sal innoverend te werk gaan om die verbruiker eerder in sy huis te hou, sê hy.
Onder ’n verskeidenheid opsies is ’n vaste-koers-verband****rak vir ’n sekere tydperk of die verlenging van die termyn van die bestaande verbandlening. “Absa is nie ’n voorstander van die opsie dat verbruikers net die rente-gedeelte van hul verbandpaaiement vir ’n tydperk betaal nie. Ons moedig hulle aan om soveel moontlik van hul lening af te betaal, selfs al betaal hulle ’n kleiner paaiement,” sê hy.
Dit is hoekom dit so belangrik is dat verbruikers wat in ’n finansiële dilemma is, met hul finansieringsinstelling gaan praat. Verbruikers wat nie met hul bank praat nie en agterstallig raak, laat banke met geen ander keuse as om regstappe te doen nie, sê hy.
Wanneer dit by ernstige besluitneming kom, word elke verbruiker wat in die knyp is, op meriete beoordeel. Hy sê drie belangrike faktore wat in ag geneem word, is die verbruiker se inkomste en sy inkomste-vooruitsigte, sy lening-tot-waarde-verhouding en sy kredietrekord, wat alle ander skuld insluit.
Só sal ’n verbruiker wat agterstallig raak met sy maandelikse verbandpaaiement, maar net ’n 50%-verbandlening teenoor die waarde van die eiendom het, anders gehanteer word as een met ’n 100%-verbandlening wat agterstallig raak. Hy sê om te verseker dat voornemende huiskopers dit kan bekostig, staan Absa in dié stadium net ’n 80%-verbandlening toe vir ’n lening van meer as R4 miljoen en 90% vir minder as R4 miljoen.
Die voornemende koper moet dus ’n deposito hê. Dit help om die lening-tot-waarde-verhouding te verlaag, wat beteken daar is onmiddellik ekwiteit beskikbaar.
As daar geen ander uitweg is as om die huis terug te neem nie, sal Absa ’n ooreenkoms met die kliënt aangaan om dit te verkoop.
Indien die eiendom verkoop teen minder as wat die kliënt skuld, kan die uitstaande bedrag afbetaal word oor ’n tydperk, sê hy.
Absa se telefoonnommer vir kliënte wat in ’n skuldweb vasgevang is, is 0 0860 356 356.
Span die gordels styf! Ja, span! Nog meer! Hul verdiende loon om paleise te koop om die bure (Jones') te beindruk, en nie gedink het om hul begroting na te speur nie!