Mephisto_Helix
Resident Postwhore
- Joined
- Jan 29, 2008
- Messages
- 29,723
Lions did what the Sharks should have done ... shook off being sucked into playing the Rebels game and scored hella nice tries.
LolAt least Tian Schoeman is getting lots of kick off practice...
Crazy10 tries
Did not watch the game. But the score ended up being much closer than I thought it would be.The Jaguares not liking this...
Did not watch the game. But the score ended up being much closer than I thought it would be.
Rassie Erasmus won Pro12 Coach of the Year with Munster.
Malcolm Marx is die tweede Springbok om die rand bo die euro en pond te kies en trou aan Suid-Afrikaanse rugby te sweer.
Die haker van die Leeus is die afgelope week ’n gesamentlike Springbok-kontrak deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) aangebied wat sal verseker dat hy sy rugby tot ná 2019 se Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika speel.
Marx is die tweede Springbok wat die afgelope sewe dae met ’n Saru-kontrak oorgehaal is om in die land te bly. Lood de Jager, slot van die Bulle en gewese Vrystater, het ook sy hand op papier gesit om hom tot SA rugby te verbind.
Saru se planne om van die land se voorste spelers in Suid-Afrika te hou, eindig nie met Marx en De Jager se Bok-kontrakte nie. As deel van ’n nuwe strategie wil Saru nou probeer om die land se 20 voorste junior spelers te kontrakteer.
Gesprekke het die afgelope tyd tussen Saru se hoof van akademies, Hans Scriba, en van die juniors se ouers plaasgevind. Dít word nog geheim gehou met geen fynere detail wat hieroor bekend is nie. Dit sal ’n eerste keer wees dat Saru aan juniors kontrakte aanbied.
Die beheerliggaam bied sedert 2015 gesamentlike Bok-kontrakte aan senior spelers.
Saru kon weens geldelike redes nog nie meer as 20 kontrakteer nie. Die 22-jarige Marx het nog nie sy kontrak onderteken nie, maar die afhandeling daarvan word as ’n formaliteit beskou.
Hy het soos die 24-jarige De Jager belangstelling van verskeie ryk oorsese klubspanne gelok, maar die haker van die Leeus se passie om vir die Bokke te speel, is groter as die groot oorsese aanbiedinge.
Indien Marx oorsee sou speel, sou hy ná Junie se drie tuistoetse teen Frankryk eers weer in 2019 vir die Bokke in aanmerking kon kom. Hy het nog net twee toetse gespeel en voldoen nie aan Saru se vereiste dat slegs oorsese spelers met 30 of meer toetse van Julie af oorweeg sal word nie.
Pat Lambie en Steven Kitshoff sal danksy Saru-kontrakte ook hul rugby voortaan net in Suid-Afrika speel. Lambie is omgepraat om in die land te bly en Kitshoff keer van oorsee af terug.
Saru het ook probeer om Jan Serfontein se gesamentlike kontrak te verleng. Die kontrak het op 31 Oktober verstryk. Die 24-jarige Bul-senter, wat in 2012 as die wêreld se voorste junior speler aangewys is, het egter verkies om weens persoonlike redes sy loopbaan later vanjaar oorsee voort te sit.