Ag as hulle maar net wil luister na al hierdie voorstelle. Ek skryf in Afrikaans en weet sommer hulle gaan dit nie eers lees nie. Wonder of enige iemand daar Afrikaans ooit wil of kan verstaan...
Nr1, kanselleer my sim (met 'n balans op) omdat dit vir 'n tydjie buite 'n foon was.
Nr2, Skakel hulle daaroor, en Afrikaans is heel laaste op die lys tale waarvan jy moet kies.
Nr3, Reaktiveer die sim weer op die nommer, maar nou moet ek weer deur die rompslomp gaan om die ding te rica. Dieselfde sim, dieselfde nommer, dieselfde klant, maar nee. "Gaan rica die ding weer".
Nr4, Gaan na 'n paar plekke, hulle moan en sĂŞ hulle gaan nie, want die sim is nie daar gekoop nie (Rica die goed net as jy die sim daar en dan gekoop het, nie 'n ou sim wat weer aangesluit is nie).
Ek sien nie kans om weer in 'n tou te staan nie, want die diens by hulle takke is nêrens te bespeur nie, so nou vergeet ek maar van die sim en dra maar seker die prepaid by tot hulle "Nigerië Boetefonds". Sal maar weer 'n ander Telkom sim koop. Almal kla so oor Telkom, maar hulle diens (ten minste in Potchefstroom) is tien keer beter as MTN.
edit: O ja, ek was 'n Corporate kliënt met 'n paar MTN kontrakte. Is nou baie gelukkig met my enkele prepaid sim wat oor is, die res het ek al alles oorgesit na ander diensvers******s soos die kontrakte verval het.
edit2: MyBroadband, hoekom die sterretjies(sensor) in "vers******s"? Polities korrektheid heeltemal oordrewe...