Wifi to fibre (ISP)

Flame

Senior Member
Joined
Nov 11, 2005
Messages
976
Reaction score
0
Hi

Our wifi ISP here in town says it have fibre backed line...so wifi to them and from their fibre to internet.

How do i know its true?

If i ping to a server say 50 with my adsl. What should my ping be if i use their wifi?

Hope someone can give feedback before i make a bad choice.

Regards
 
1. You don't tell us who the Wisp is.
2. You don't tell us where you are based (area).

For now, im not naming and shaming...im asking...what other users experience....os wifi backed by fibre better adsl or not. ????

My friend with wifi (not at same ISP im maby want to join) ping 10ms less than me to local server...we live in same town.

So...im just asking...shall wifi to fibre be a lot faster...or not?
 
That is not a very easy question to answer. Yes and no. It depends on a lot of factors overall.

1. Distance from the High Site is very important, the closer you are, the lower the latency to that High site.
2. Frequencies use - 5GHz is great, but if you want speed and stability with minimal interference you'll need to go out of the 5Ghz range (which drives up cost).
3. Contention ratio is a big thing, if you are sharing the back haul with 50 other people instead of 10 others you are likely not going to see that great speeds.
4. Network - It depends on how fast their network is, it can either be the quickest network out there or the slowest, no one can say from outside. All I can say is that Fibre to a tower is common but not always very possible.
5. Shaping and throttling policies - No need to explain this one.
6. Physical locations of the servers you are connecting to is important if you want lower latency.

If you stay in a densely populated area, try to drive a fibre initiative. If you stay far out of cities and you have a not so densely populated area, you will have a better time looking at wireless solutions. Do your research, ask your local community members about their experience with the WISP and then make a decision.

TL;DR: Yes, it can be faster than ADSL depending on many factors. If you are stuck on 4 or 2Mbps its worth considering going with a WISP for faster speeds.
 
Hi

Our wifi ISP here in town says it have fibre backed line...so wifi to them and from their fibre to internet.

How do i know its true?

If i ping to a server say 50 with my adsl. What should my ping be if i use their wifi?

Hope someone can give feedback before i make a bad choice.

Regards

Ek sal verstaan as jy nie die ouens op 'n openbare forum wil "name and shame" nie, maar kan jy asb ons ten minste sĂŞ waar jy is?

Met jou ADSL vs "wireless" is daar 'n paar veranderlikes.

Eerstens moet jou ADSL teen 'n ding met naam IPC jou besonderhede bekragtig. As jy in Nelspruit sit, sal die IPC in Gauteng sit. Dit sit 'n paar milisekondes bysit. Enigiets van 15 na 30, afhangende van verkeer. Dan is daar weer 'n roete terug vanaf die IPC na die ISP se netwerk. Dit kan wissel van 1 tot 10 ms. Hier is dan ook waar "ISP congestion" vir die eerste keer verskyn. As jou ISP 100Mb IPC koop (IPC is nie goedkoop nie), maar daar loop 200Mb verkeer, sal jou pingtye hoog wees. Van jou ISP se datasentrum gaan die verkeer uit na verskillende netwerke.

Ek is nie hier om oor ADSL te praat nie.

Die wireless ouens het 'n paar opsies. As die ouens die ding reg doen sal hulle wat mens 'n "layer 2" diens hĂŞ vanaf hulle "POP" (Point of Presence) in die dorp, tot by 'n data sentrum soos Teraco Rondebosch, Isando of Durban, met hulle rekenaars (servers) wat daar sit en hulle "cross connects" na ouens soos SEACOM, Angola Cables, WACS, Telkom ens vir internet en dan NAPAfrica, JINX, CINX, DINX ens vir "peering" verkeer. Die dae van 'n diensverskaffer wat servers in sy kantoor aanhou is lankal verby. Een Dell 720 server kan jou 'n kwart miljoen Rand uit die sak jaag. Sommige diensverskaffers het 'n half dosyn van die goed. Daardie goed hoort in plekke waar daar konstante, skoon krag is, en waar hulle agter slot en grendel is.

As die diensverkaffers bietjie verneuk het hulle dalk 'n Neobroadband of 'n Bitco of Vox klein besigheid optiese vesel koppeling wat hulle in hulle netwerk inpomp. Dit is eintlik so half en half teenstrydig met die dienskontrakte wat almal "though shalt not resell" klousules inhet.

As hulle lae lakke is, het hulle 'n FTTH op 'n netwerk wat in julle dorp is wat hulle dan in hulle netwerk inpomp. Ons hoofkantoor is in Somerset Wes en ek bly in hierdie dorp. Hier is dit net ons en een ander diensverskaffer wat dit reg doen. Een ander het 'n Neobroadband ding. nog een het 'n Vox diens en die res is 'n spul skurke wat FTTH's by kliënte se wonings insit en dit dan in hulle netwerke intrek.

As jou diensverskaffer se vesel reg is, kan jy baie vinnige pingtye kry vanaf die POP na die speedtest "servers".

Nou kom ons by die verspreiding van daardie vesel diens.

Ons doen "wireless" reg. Maar, vir elke ou wat dit reg doen is daar seker 20 swape wat ons bedryf se naam beswadder. Ons het een stap verder gegaan en oor 'n 10 jaar tydperk vesel na ons torings ingetrek. Die gevolg is dat meer as 90% van ons draadlose kliënte een hop weg is van vesel af.

Die probleem is, om vesel tot by 'n toring te loop is beide duur, en nie kinderspeletjies nie.

Maar, die gevolg is, so lyk wat ek in my huis het, oor 'n punt tot punt draadloos tot by 'n toring wat vesel het.
https://www.speedtest.net/result/8216277047

Soms kan mens nie vesel by 'n toring kry nie. Dan moet die diensverskaffer 'n ordentlike mikrogolf radio gebruik om diens by die toring te kry. Die goed is ook nie goedkoop nie. Gevolgelik, iets wat ons baie sien is dat van die oeuns sommer 'n radio wat mens vir 'n kliënt sou gebruik op 'n punt tot punt koppeling sit tussen torings, of vanaf vesel na 'n toring.

Dit mors met beide jou ping en jou deurset. Daardie radios sit in dieselfde spektrum as wat die diensverskaffer gebruik om kliënte te koppel.

Hoe vind mens uit wat die ouens het en wat hulle doen?

Gaan kuier vir iemand wat hulle diens gebruik.

Gaan dan na hierdie webwerf:
https://bgp.he.net/

Dit sal jou alles oor die diensverskaffer vertel.

Maak seker daar is nie 'n gekonkelry aan die gang nie. Die eerste bladsy van daardie webwerf sal jou IP adres wys. As jy dit in die boks bo op die bladsy intik sal die webwerf jou vertel van die adres blok waarin die adres lĂŞ en aan wie die blok eintlik uitgereik is.

As alles reg lyk en die diensverskaffer se naam stem ooreen met wat op HE is, maak 'n draai en vra hulle om jou hulle POP en hulle netwerkuitleg te kom wys.

Ons neem gereeld mense deur ons POPs, sowel as ons data sentrums in die Kaap en in Johannesburg indien hulle vra. Veral onlangs moes ons vir 'n hele paar mense ons kragopwekkers en batterystelsels by torings wys.

As iemand weet wat hy of sy doen, kan daardie persoon jou 'n diens aanbied wat amper net so goed is soos vesel.

Ons het mense wat al 11 jaar draadlose kliënte van ons is, wat elke paar jaar 'n nuwe radio op die dak kry om by te bly met tegnologie en wat nou meer as een vesel netwerk het wat hy hulle hekke verbygaan, maar wat eenvoudig nie belangstel om oor te skakel nie.

Terwyl jy in die ouens se kantore is, vra hulle om jou hulle lisensies te wys. Dit is 'n ICASA vereiste dat die lisensies in die openbaar tentoongestel moet word.
 
Ok, ek bly in mosselbaai...hier is nog niks fibre behalwe a klein gedeelte wat "binnekort gaan he volgens axxess se map" ....so dis hkm ek graag sou wou weet kan die ISP mense fibre he dan?? Hoe kan hul kry en ander nie?
 
Dit kan wel wees...

Daardie "layer 2" dienste waarvan ek gepraat het is wat die selfoonnetwerke na hulle torings insit. Wanneer jy die diens van DFA, Openserve ens bestel, bestel jy 'n "punt tot punt" vesel diens. Gewoonlik vanaf jou data sentrum na die "POP" of die selfoontoring.

Hulle is heeltemal 'n perd van 'n ander kleur as die residentiële produke wat vir iets soos FTTH gebruik word - en aansienlik duurder.

As die ISP ouens bereid is om die geld op die tafel te sit, sal die manne wat vesel daar het vir hulle 'n diens gee.

Gaan maak 'n draai by die ouens se kantore en vra hulle om jou hulle vesel sentrale te wys. Dit is meesal Openserve wat sulke dienste daar sou aanbied, so daar hoort iewers 'n grys boks te wees met Nokia of Alcatel op. Die model nommer sal SAS-D of SAS-E wees.

Ons werk tans saam met 'n maatskappy in George wat 'n 10Gb layer2 intrek na ons data sentrum in Isando. Ons wag nou net vir Openserve om die diens lewendig te maak (dit kan lag lag nog drie maande neem), dan sal hulle draadlose diens vanaf Mosselbaai tot in Knysna begin verskaf. Hulle "backbones" tussen Mosselbaai, George en Knysna is 17GHz mikrogolf. Wanneer hulle, hulle deure oopmaak aan die publiek gaan hulle gatskop. Die eienaars was voorheen in die bedryf, so hulle weet hoe om dit reg te doen.
 
I'm surprised people responded in such detail...
 
hul het glo n toring in boggomsbaai...15km weg...dink jy daar sal fibre in boggomsbaai wees?? daai kleine plekkie (as jy nou weet van waar ek praat)
 
ek bly in danabaai....sie niks hier of in boggomsbaai nie....so hul lieg?

wat is die groen blou en rooi lyne?
 
ek bly in danabaai....sie niks hier of in boggomsbaai nie....so hul lieg?

Kan wees. Maar dit kan ook wees dat hulle Openserve gebruik (daardie veselkaarte is 'n staatsgeheim) of dat hulle vanaf 'n DFA punt verder self gegrawe het. Gaan kyk. Vat 'n LSD Trip. Look, See, Decide.

wat is die groen blou en rooi lyne?

Groen is lewendig
Rooi is beplan
Blou word tans gebou
 
Kan wees. Maar dit kan ook wees dat hulle Openserve gebruik (daardie veselkaarte is 'n staatsgeheim) of dat hulle vanaf 'n DFA punt verder self gegrawe het. Gaan kyk. Vat 'n LSD Trip. Look, See, Decide.

Groen is lewendig
Rooi is beplan
Blou word tans gebou

LSD Trip? lol
 
Hi

Our wifi ISP here in town says it have fibre backed line...so wifi to them and from their fibre to internet.

How do i know its true?

If i ping to a server say 50 with my adsl. What should my ping be if i use their wifi?

Hope someone can give feedback before i make a bad choice.

Regards

@portcullis pretty much covered the principles of the industry and how it all comes together in great detail. Yes, take a trip and ask the ISP the questions that you want answered.

You can also run MTR tests: download a tool called winMTR (their site is down - so we have a download available at https://websquad.co.za/downloads/winmtr.zip).

Mossel Bay will probably run off Cape Town, so run a WinMTR test to a server in Cape Town (might need to do some research here).

WinMTR will tell you a few things:
1. How many hops there are between you and the public breakout. You'll see a bunch of private IPs and then a public IP.

2. Google that public IP (xxx.xxx.xxx.xxx ip) and Google will tell you who their breakout partner is. Chances are they don't have their own IPs and use someone else's.

3. If they do in fact have fibre from the tower, your pings between hop 2-3 (and maybe one or two more) should be low and stable (<2ms) assuming they connect to a local POP and then be low and stable to Cape Town (latency here may be a few more ms, 6-12) (or another exchange they may use). This is of course an assumption and as mentioned above, Look and See is the best test.
 
If you are talking about Wispernet or Cloudconnect - Don't

I was with Wispernet till last month. Lived out of town and had no choice. Worst isp I ever had. Yes. Worse than Telkom. Ping jumped from 200 - 3000 for the first few months. They could not sort the problem. Changed tower. Fixed problem for a week. Back to crap.

Friend is currently with Cloud. Constant packet loss. No explanation. They can't fix the problem for more than a few days.

Distance to towers do not matter. Support - non existent. Knowledge on their own service? People on this forum have more knowledge than their network admins

They have no real competition so don't care.

Name and shame? Fek'em. They deserve to be shamed. Incompetent bastards.
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X