Zim: The End Game

Syndyre

Honorary Master
Joined
Jan 26, 2006
Messages
16,821
Reaction score
2
Location
Lonehill
"Die Skim"

DieSkimDieSkimDieSkimDieSkim is jy DOF :confused:


"Die Skim" is DIE een wat die Afrikaaner gaan kom red -- hy is de la Rey se
"skimmel perd" :D

-----------------
Ons altwee droom van n huisie by die see
sit rustig op die stoep met n mooi boek

Ek hoor jou naam en dis so bekend
jy is my onoopgemaakte geskenk
Geluidlose woorde stuur ons vir mekaar
partykeer maak dit my baie deurmekaar
Jou menswees wil ek verken
want dit is so onbekend

Al is twee planete ver van mekaar
is daar tog baie om te openbaar
Die wentelbaan is nog nie klaar
jy is die skim wat in die verte glim

In die soel van die nag na n woelige dag
wandel my gedagtes na jou wereld
Hoe lyk jou hart daar ver in die stad
is dit dalk nou gevul met smart?

Wat ek wel weet sonder om dit te meet
net n besonderse vrou sal jou kan hou

Tanja Marx

[OK in this case it sounds like I could even be "Die Skim" :D ]



Dit is stil as die skemer val,
Oppad na die donker nag.
Vlerke wat klap, klanke wat kreun,
Kraaie om sy graf.

My voete vat gruis,
My trane vloei.
In my hande ‘n roos styf vas geklem,
Dorings laat my polse bloei.

Bloed en trane bedek nou sy naam,
Gegrafeer in koue steen.
Hy was my skuilte, my warmte, my liefde,
Nou, ek skielik alleen.

Die son het gesak,
Die dag het verdwyn.
In die donkerte ‘n figuur van voor-
‘n skim wat nie wil kwyn.

Nader en nader vind hy sy pad,
Tussen gruis en graf.
‘n Swart voël wat kraai, ‘n vlermuis wat vlieg,
In die verte ‘n hond wat blaf.

Hy staan voor my,
Die man met sy mantel swart.
In die laaste sonstrale
Sien ek sy gesig.

Hy is die kenner van verneukers,
Die meester van alle smart.
In sy hande vol bloed
Dra hy sy gebroke hart.

Tussen grafte, pyn en dood,
Vind hy sy musiek, sy enigste troos.
Sy hart is ook stukkend en geskeur
Soos myne.

Versigtig haal hy die verlepte roos uit my hand.
Skielik en onverwags voel my lippe syne.

Hoe lank dit was kan ek nie her roep,
Ek kan ook nie onthou,
Maar vir ‘n tydjie kon ek liefde en warmte
Weereens in my arms hou.

Die son het opgekom,
Die laaste kraai het geskreeu,
En die skim het tussen skadu’s en grafte verdwyn.

Elke jaar kom ek terug om weer te proë,
Weer te voel,
En vir ‘n kort tydjie te vergeet van sy dood,
En my pyn.

Kalika

===============

Die Tower se syn
laat die skim se pyn
met 'n versie verdwyn


GOT IT NOW :confused:
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X