Article: Ramaphosa speaks about Die Stem

I still know people that have the old flag in their homes. Some people will just never move with the times.

Please let them be history teachers, please let them be history teachers, please let them be history teachers.

I'm fine with old flags being kept, but don't be the **** who takes it a stadium or public event.

As for the anthem, I'm happy the way it is. I wonder if anyone ever pushed for all 11 languages to be included?
 
Nor is AA, BBBEE, the bombing of Magoos or Vlak Plaas.

Maybe we need that new identity thats not race based?

Trying to help people that don't have the same advantages as us is not something to be ashamed of. How it has been implemented however is something we should be ashamed of.

But I agree completely. Breaking away from the past and creating a new identity is what is needed. (Note that breaking away from the past and creating a new identity doesn't suddenly mean that Apartheid didn't exist or that it's effects are still felt by many. Just that race and sub cultures within SA should not be the overriding identity anymore)
 
This Afrikaans letter was written by a 17 year old boy from Komatiepoort in repsonse to Adriaan Basson, editor from Beeld, article about singing Die Stem.

Beeld didn't publish the letter, but Maroelamedia did.

The letter is in Afrikaans and I think this is well written and put into perspective of the young white Afrikaans generation of post '94.

“Het ons moed opgegee?” deur Adriaan Basson (Beeld, 7 Julie) het betrekking.

Hopelik is my brief die laaste rakende die onbenullige geteem rondom die sing van Die Stem deur duisende Afrikaners by vanjaar se Innibos.

Die argumente is gehoor: Die Stem is ‘n onskuldige volksliedjie. Maar dit het apartheidspatsels. Maar dis sonder haatspraak. Maar dis opruiend…en, en, en.

Ons kan vir ewig debatteer oor die morele waarde rondom die sing van die ou volkslied. Ek respekteer Beeld-redakteur Adriaan Basson se mening dat die lied eerstens nog apartheidskonnotasies het, en hoor ook sy vrese dat die sangers dalk op dié manier hul misnoeë met die reënboognasie te kenne gee. Ek sien egter twee grondige foute in sy argumente.

Eerstens is dit foutief om afleidings te maak rondom die motief vir die sing van Die Stem: daar was 45 000 Afrikaners en Steve Hofmeyr. Hofmeyr het sy verskeie redes wyd bekend gemaak. Die 45 000 ander se redes weet ons nie en kan ons nie opsom nie – daar is geen manier dat hul motief dus as “rassisties” “behoudend” of selfs “gematig nasionalisties” of enigiets anders bestempel kan word sonder om te veralgemeen en sodoende te diskrimineer nie, aangesien elke individu dalk ander motiverings gehad het om saam te sing! Dit duik op in Basson se argumente, maar selfs meer prominent in dr. Piet Croukamp se ondeurdagte reaksies.

Die belangrikste hier is dat beide Steve en die skare se optrede totaal binne die perke van grondwetlike spraakvryheid val, aangesien daar nie ‘n kriesel haatspraak in die Stem is nie – Basson het immers self die mooi, vreedsame lirieke saam met sy artikel gepubliseer.

Tweedens is dit verstaanbaar dat sommige mense mag aanstoot neem, omdat Die Stem die konnotasie van apartheid dra. Ongelukkig dra hierdie argument van Basson geen water nie, aangesien hierdie gevoelens bitter subjektief relatief tot die inhoud en betekenis van Die Stem is. Selfs al voel die meerderheid van die land die lied dra “baggage”, maar daar is geen haatspraak in nie, mag dit gesing word. Punt. Konnotasies sonder ‘n direkte verband met die wese van die simbool kan mos onmoontlik net “verban” word! Dit ruik sommer na anti-demokrasie.

Die argument van Basson klink besonder baie na Cosatu se belaglike vergelyking tussen Bokkaptein Victor Matfield se kamoefleer-skrumpet en die kepse van die apartheidpolisie…

Daar was moontlik regses wat hatige motiverings gehad het oor die onlangse dilemma. Maar daar was ook duisende wat net hul grondwetlike regte van spraakvryheid, vryheid tot kultuur van hul keuse en vryheid van assosiasie uitgeleef het. Mnr. Basson, dr. Croukamp en ander: ons hoor julle, maar julle besware is misplaas. Hierdie is demokratiese, grondwetlike Suid-Afrika, nié polities korrekte vertrap diversiteit Suid-Afrika nie.

Basson se argumente rondom Steve se Stem tas mis
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X