Rouxenator
Dank meme lord
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/70-beseer-toe-busse-bots-20101020
Meer as 70 mense, insluitende skoolkinders, is beseer toe ‘n bus Woensdag in Kaapstad in ‘n ander bus vasgery het, het paramedici van ER24 gesê.
“Die twee busse het glo in die buslaan gery, toe die een in die stilstaande bus voor hom vasgery het,” het André Visser van ER24 in ‘n verklaring gesê.
Die ongeluk het onder die Jan Smuts-brug plaasgevind en dit was twee Golden Arrow busse wat betrokke was.
Metro-ambulansdienste en plaaslike brandweer- en reddingsdienste was ook op die toneel om die beseerdes te behandel.
“Dit het die nooddienswerkers sowat 45 minute geneem om altesaam 75 pasiënte na verskeie hospitale in die omliggende omgewing te vervoer,” het hy gesê.
Niemand het ernstige beserings opgedoen nie en meeste is behandel vir snye en skrape.
Een van die paramedici het gesê dat daar ‘n student was wat met trane in haar oë rondgeloop en gevra het of iemand ‘n brief aan haar hoof sal gee om te sê dat sy laat gaan wees vir haar eksamen.