blunomore
Honorary Master
Online article someone sent me about what 'Barbie' can expect in prison. I am SO thankful that I am not her!
Here is an excerpt from the article :
You can find the rest of the article here: http://www.voelgoed.co.za/index.php...mContentId/2319/Title/CEZANNE-SE-NAG-VAN-HEL/
Here is an excerpt from the article :
Elmar Potgieter wat vir amper drie jaar in ’n soortgelyke tronk was vir bedrog, sê dat sy vir die eerste paar nagte wakker gelê het en planne beraam het om te ontsnap. “Dit was absoluut verskriklik. As Cézanne nie gewoond is aan so ’n tipe leefstyl nie, gaan sy baie swaarkry – veral in die begin.”
Wat presies beteken “so ’n leefstyl?” Wel, vir iemand wat in ’n gekoesterde middelklas Christen-huis grootgeword het soos Cézanne, is sy definitief teen hierdie tyd al ’n senuweebol! Cézanne was blykbaar sterk onder die invloed van kalmeermiddels toe sy Maandagoggend aangemeld het by die Hooggeregshof om haar vonnis uit te dien.
“Sy deel ʼn sel met 19 ander kriminele vroue. Daar is geen privaatheid nie. Niks. Wanneer mens die toilet wil gebruik moet jy dit voor almal doen. Weet jy hoe aaklig dit is wanneer iemand die toilet moet gebruik terwyl jy sit en eet? Jou eetlus verdwyn!” sê Elmar.
Laaste braaivleis saam met geliefdes...
Professor Johann Lemmer, Cézanne se stiefpa sê dat hulle die laaste naweek saam as gesin, maar rustig verkeer het. Saterdagaand het ’n paar van Cézanne se vriende oorgekom vir ’n braai en Sondag het sy en haar ma stil saam deurgebring. Mens kan jou voorstel hoe Cézanne Saterdagaand gesmul het, want daar gaan nie weer gou ’n tjoppie vir haar op die vuur gebraai word nie.
Cézanne se nuwe “huis”
Gewapen met ʼn groot sonbril (to hide behind), ’n seegroen kussing en beddegoed het Cézanne haar ouers totsiens gesoen en by die hek ingeloop. “Ekstra beddegoed gaan Cézanne beslis nodig kry in die tronk,” vertel Elmar. “Al wat jy kry is twee dun lakentjies en een grys, skurwe kombers wat jou warm moet hou in die winter. Die selle is koud en daar is altyd ’n trek wat deur ’n gebreekte ruit (of twee) kom, dis baie erg.”
“Sy sal gewoond daaraan moet raak om twee eiers ’n week te eet en verder gekookte hoenderafval, dit is waaruit haar weeklikse proteïen inname sal bestaan. Die goed wat ons gekry het, het presies gelyk soos afval, jy sien nog die nekkies en wensbeentjies wat daarin ronddryf. Vir groente kry jy olierige kool en as jy gelukkig is een skorsie ’n week. Verder leef jy van droë, bruinbrood.” Elmar sê wanneer familie en vriende gereeld kom kuier, word die tyd draagliker. Sy noem ook dat die bring van kospakkies en ander noodsaaklikhede soos deodorant, sjampoe en sjokolade ware lewensredders is.
You can find the rest of the article here: http://www.voelgoed.co.za/index.php...mContentId/2319/Title/CEZANNE-SE-NAG-VAN-HEL/