BDL
Banned
- Joined
- Apr 9, 2009
- Messages
- 101
- Reaction score
- 0
http://jv.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2500070,00.html
Kurt Darren het 20 000 vriende op een slag verloor.
Sy vier verskillende Facebook-profiele met 5 000 vriende elk het almal onverklaarbaar van dié gewilde sosiale netwerk verdwyn.
Facebook het tans meer as 100 miljoen gebruikers wêreldwyd, maar dis nou ’n toe boek vir dié gewilde sanger.
“Dis die vreemdste ding, ek weet nie wat aangaan nie,” sê Darren. “Ek was een van die eerste kunstenaars wat regtig by Facebook betrokke geraak het en ek het maande gewerk om die profiele op te bou. Ek het selfs mense wat my daarmee help. Nou vra mense ontsteld hoekom ek hulle van my vriendelys verwyder het.”
Darren het ’n BlackBerry waarmee hy elke dag in ****ak bly met sy vriende en aanhangers. “Ek lees ál my briewe. Dis vir my heerlik om met die mense te kommunikeer en Facebook is gerieflik om mense te laat weet wat aangaan.
“Ek kan nie elke vier dae duisend e-posse beantwoord nie – met Facebook is dit net soveel makliker.”
Darren glo een van die redes vir sy sukses is juis dat hy mense altyd laat weet presies wat aangaan en waar hy optree.
Hy het reeds briewe aan Facebook se administrateurs in Amerika gestuur oor sy “verdwyning”, maar het nog geen antwoord gekry nie.
“Ek het die profiele nog nooit misbruik nie en as daar wel iets verkeerd was, soos dat hulle reken ek gebruik dit vir advertensiedoeleindes, sou hulle my mos eers gewaarsku het.”
Teen gistermiddag was sy nuwe profiel, Kurt Darren Site Four, wel nog op Facebook.
Dis al daai meisie-meisies. Ok that sucked.