SA armed forces in dire straits

Erika Gibson

PRETORIA. – Altesaam R3miljard en 10000 poste.

Dít is wat die weermag met sy reeds beknopte begroting oor die volgende drie jaar moet verminder as hy die riglyne van die nasionale tesourie vir afskalings gaan volg.

Die afskalings is deel van die nasionale besnoeiings vir staatsdepartemente wat van volgende jaar af toegepas moet word.

Die weermag het onlangs vertoë tot die tesourie gerig om meer genadig te wees, maar vergeefs.

Volgens adv. Pikkie Greeff van die SA Nasionale Weermagunie (Sanwu) is dit verregaande dat so min oor die planne reeds bekend is – veral onder die soldate wat direk daardeur geraak kan word.

Die besnoeiings wat aanbeveel word, gaan die weermag en veral die leër se aanskaffingsprogram waarskynlik erg in die wiele ry, terwyl dit bepaalde afdelings gaan kelder.

Volgens Helmoed-Römer Heitman, ’n militêre kenner, het die weermag in die verlede al van die tesourie-riglyne geïgnoreer, maar uiteindelik gaan dit oor die toekenning van geld op die begroting wat besnoei gaan word.

As die weermag dus sy eie planne volg, sal dit steeds binne die voorgestelde besnoeiings gedoen moet word.

Volgens inligting behels die besnoeiings die afskaffing van 10000 poste binne die volgende drie jaar.

Die departement van verdediging word oor die volgende drie jaar met onderskeidelik 1%, 2% en 3% gesny. Daaronder is besparings van R100miljoen jaarliks op sy reis-en-verblyfbegroting, terwyl hy ook R1miljard per jaar aan sy strategiese wapenaanskaffingsmeesterplan moet besnoei.

Die konsternasie tans is om te besluit watter eenhede en weermagsdele waar moet besnoei.

Daar word reeds vir slegs ’n handjievol van die diensvrywilligers langer kontrakte aangebied en dié slegs vir die soldate met skaars vaardighede.

Volgens Greeff is dit dringend noodsaaklik dat die weermag sy besnoeiings by sy generaals begin, aangesien ’n generaal minstens R850000 per jaar kry.

Die weermag het tans sowat 250 generaals. Greeff meen die 600 soldate wat nou weens die Uniegebou-debakel afgedank word, verteenwoordig waarskynlik die eerste groot “besnoeiing”.

“Die staat het ’n regsplig om so gou moontlik sy planne met die soldate te kommunikeer, aangesien onsekerheid ’n staatsveiligheidsrisiko is. Negatiewe soldate hanteer kritieke komponente soos wapens en is verantwoordelik daarvoor,” het Greeff gesê.

Volgens Heitman het dit nou tyd geword dat die generaals die regering vra wat van die weermag verwag word, aangesien die huidige verpligtinge nie meer bekostigbaar is nie.

“Daar is reeds te min soldate in die leër, sowel as in sekere afdelings waar skaars vaardighede in ander weermagsdele nodig is. Die alternatief gaan wees om nóg eenhede te begin sluit.”

- Die Burger
Beeld

To summarize: The SANDF budget is far too small to begin with, they are now expected cut 10k jobs and save a further R3 000 000 000.Why have they even bothered with the defence review? They may as well do away with the SANDF in it's current form.
 
Erika Gibson

PRETORIA. – ’n Besluit wat die lugmag se vliegtuie – insluitend BBP-vliegtuie – se diensbaarheid in die gedrang bring, het die militêre lugvaartgeledere vandeesweek soos ’n bom getref.

Altesaam 523 van Denel Lugvaart/Atlas Mannekraggroep (AMG) se vliegtuigspesialiste, wat die lugmag se vliegtuie in die lug moet hou, word deur afdanking in die gesig gestaar nadat die lugmag sy kontrak met AMG opgeskort het.

Dié besluit kom nadat die lugmag reeds verlede jaar kennis gegee het dat hy die kontrak gaan opskort en ’n plaasvervangende bedeling in die plek daarvan gaan instel.

Die onderhandelings oor die nuwe bedeling, wat van 1 April volgende jaar in werking sou tree, is egter die afgelope week eensydig deur die lugmag opgeskort.

Die lugmag en AMG se samewerking dateer uit die vroeë jare sestig.

Beide Denel en die lugmag het gister gesê die saak is nog onder bespreking. Hulle sal eers kommentaar lewer as die besprekings volvoer is.

“Daar het die afgelope 14 dae iets gebeur, maar ek weet nie wat nie. Ons was vol moed dat daar nog ’n onderhandelingsproses onderweg was en die volgende oomblik is dit beëindig,” het Jack Loggenberg, Solidariteit se nasionale organiseerder vir die metaal- en ingenieursbedryf, gister gesê.

Volgens ’n brief wat gister aan die 523 werknemers gestuur is, gaan die lugmag se besluit verreikende gevolge inhou vir sy operasionele vermoë en vliegoperasies.

Die besluit raak landwyd mense wat reeds dekades lank by die lugmag se onderskeie eskaders werksaam was.

Volgens Loggenberg beskik minstens 75% van die AMG-personeel oor skaars en kritieke vaardighede waarsonder die lugmag nie kan funksioneer nie.

Terselfdertyd is die lugmag, wat reeds weens ernstige begrotingstekorte geknel word, ingevolge die kontrak verantwoordelik vir die skeidingspakkette van miljoene rande wat aan die personeel verskaf sal moet word.

“Die personeel se vaardighede is uiters gesog omdat daar wêreldwyd ’n tekort aan vliegtuigtegnici is. Hulle gaan elders opgeslurp word en dan gaan die lugmag sonder gekwalifiseerde kundiges sit om sy vliegtuie operasioneel te hou,” het hy gesê.

Die kontrak moes vervang word omdat dit nie aan die staat se finansiële tendervereistes voldoen het nie. Die ouditeur-generaal het dit dus jaarliks in sy oudit as ’n finansiële onreëlmatigheid uitgewys. ’n Nuwe kontraktender sou uitgereik en die personeel as kundiges in die lugmag geabsorbeer moes word.

Luidens die brief het die lugmag “sy besluit hersien en besluit om nie verder met die nuwe kontrak met Denel Lugvaart/AMG voort te gaan ná 31 Maart 2013 nie.

“Sou Denel nie teen 30 November 2012 enige inligting van die lugmag kry of hy van die mense wil behou nie, moet Seksie 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge geaktiveer en AMG se werksmag afgedank word,” lui die brief.

“Dit is verstaanbaar dat daar tans ernstige onsekerheid, angstigheid en vrese onder ons werknemers heers. Ons probeer ons bes om met die lugmag oor alternatiewe te onderhandel.”

- Die Burger
Beeld

To add some insight, the SAAF is cancelling it's maintenance contract with Denel because it can no longer afford it. This is before the budget cut.

The people affected by this are basically irreplaceable, this in addition to the proposed budget cuts is going to make it virtually impossible to fly.
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X