Master Cain
Expert Member
- Joined
- Jun 11, 2009
- Messages
- 1,316
- Reaction score
- 0
15de Aug 1916
In die Noorde kom 'n groot zwart bont mof span osse uit, reg na die zuide. Toe kom in die Ooste 'n rooi bul en nog rooi beeste uit.
20 Aug
Waans vlug 'n streep op na die Noorde van die zuid Ooste kom 'n rooi bul uit achter die waans aan. Van Zuid na west is 'n kaal bult en daar is grewel gate op. Op die bult na regs is waans wat vlug en achter hulle is 'n dik stof die waans raak weg.
21 Aug
In die Ooste kom 'n vrou uit wat na Wes gaan sÿ is swart aan getrek achter haar is rooi beeste en tussen die beeste is 'n kaffertje en die beeste kom reg op mÿ af.
23 Aug
In die zuide kom vrowens uit wat mooi in blauw aangetrek is. Ander kom verbÿ van Oost na West.
16 Sept. 1916
Trek baie bruin waans uit zuide na Noord.
19 Sept.
In die Ooste is 'n kaal plek waar baie vrouw mense is. Waans trek in die Ooste in bosse. (In Europa) Waans trek in die Weste toe hulle oor 'n berg is kom ek achter hulle aan. Daar is baie gemeselde kuipen.
1 Oct.
In die Ooste is 'n leer en 'n man klim van die leer af. (Botha) In Europa is 'n klomp waans wat in die rondte trek.
1ste Dec.
In die Noorde is 'n skotel vol wit boontjes. Die gras is mooi groen en die mielies mooi en hoog. In die Weste vlieg aasvogels en achter hulle wilde makauwvolgens. Hulle draai om en toe is die makauwe mense en kom na die Noorde.
4 Dec.
Ek gaan Oost en van voor kom springhaan vogels.
6 Dec.
In die Weste staan waans op 'n klomp en daar kom altyd bÿ. Donkie waans kom van die Noorde ook daarheen
15de Dec.
In die Weste kom wolke uit en achter die wolke is 'n helder lig.
1917.
8 Jan
Waans met wit seile zonde osse vlug in Europa uit mekaar
12 Jan.
In die Unie is waans wat na ons kom. In Europa rol 'n geel steen na die Zuide. Achter is waans met blauw muile.
19 Jan.
In die Noord Weste is 'n eemmer vol bloed wat omval.
21 Jan.
"n groot skotel mielies en die ou vrouw skep daaruit (Jaargety). Aan die Zuide staan 'n man met die roer aan die kop.
24 Jan.
Daar is 'n ronde gat en bloed loop daar in tot dat hÿ amper vol is.
25 Jan.
Ek gaan na die Weste toe ek stilhou gaan voor mÿ waans met groen wiele verbÿ na Zuide.
4de Feb.
Ek gaan met 'n pad na die Weste die pad word al dieper en ek is bÿ di zee.
6de Feb.
In die Weste word die aarde zwart.
11de Maart
Die mof skape beweeg van die Weste na Zuid.
12de Maart.
In Europa is 'n groot kraal met vet beeste. Die Beeste is drie zoorte. Vaal, zwart en rooi. Die beeste kom uit die kraal en toe vlug waans na die weste toe. Die aarde word donker. In die Ooste kant is 'n wa ze lang wa van ÿzer. Onder 'n groot klip en hÿ wikkel die klip. Ek is bÿ Wolmaranstad en trek nieuwe veld skoene aan zwartis.
25 Maart.
Daar is 'n groot rivier en beeste is in die water wat wil versuip. net die hoorns bo.
6de April.
1917.
In die Ooste is koppe wereld. waans trek achter mek aar dat die stof achter hulle uitslaan. Die waans kom na ons na die Zuide In die Ooste is koppe en rook slaan tussen die koppe uit later baië. die mense kom ingezich en hul veg hard In die Ooste trek waans naar die Z.W. (nabÿ)
18de April.
Van die Zuide kom waans met deur mekaar rooi bont osse. Die voorste osse span van zelf uit en toe word eers die achterste osse zwart en toe word al die osse zwart.
20ste April
In die Ooste kant is baié skoon geel mielies. Die mielies word altÿd meer en toe kom halfwasse (eenkies) deurmekaar van kleure om die mielies en vreet aan die mielies. Ver in die Ooste is 'n kuil. in die kuil kÿk zwart beeste uit.
22 April
1917.
Aan die Ooste kant gaan een deur oop toe is daar blauw wilde beeste ze koppe toe word dit mak beeste se hoorns. Uit die Ooste kant kom 'n man sÿ horlozie ketting blink in die zon. Uit die Zuide kom ook 'n man, die man wat uit die zuide kom vat die een uit die Ooste om sÿ lÿf.
30 April.
In die Ooste kant is 'n groot lege fort Toe kom vÿf wil amelans vlaê met rooi kruis op uit.
13 Mei.
In Europa is die gras aan brand. dit is 'n groot rook en die vuur trek na Zuid Weste. In Europa in die Noorde is 'n groot dam vol water en word skielik droog
14 Mei.
Die Bokkie karne zo als van mÿ trek op 'n streep af na die zuide Die (Vrystaat) mofskape trek oor na die zuide. Een groot bobbejaan gaan van hier na Oost.
29 Mei.
In Vrÿ trek waans van die Ooste naar Weste. Bruin waans teen hulle is geskrÿf maar dof (zonder osse) In die zuide is 'n groot huis, achter die huis is 'n kamp sÿ bokke gaan uit die yard hÿ blÿ leeg.
30 Mei.
In die Ooste kant kom een garen zaad uit zoals die blare aan die garen zaad het die zaad wit lap aan, op die wit lappe is rooi bloed kolle. Van die Noorde kant loop 'n donker rooi bul, zÿ hoorns is afgezaag. hulle is stomp. hÿ loop na die zuide. In die Kaap is baie kag Die kaf beweeg na ons en achter hulle kom fluitjes riet uit en die trek na die weste.
3 Junie.
In die Weste is die aarde donker van die rook (Europa). In die Ooste is baië miete rog, mÿ kort tent waans zonder zeile nog oost. Europa. Toe trek 'n mÿ garing omtrent 100 tree lang ook agter die waans aan naar Oost. 'n Grÿs koelie zit en ander een gooi water op sÿ kop.
11 Junie
In Europa trek waans van die Zuide na Weste en daar trek skoenskopbeeste in Engelse vlug. Osse loop in Europa, hulle loop teen die Zuid Weste. Achter trek zwartes hulle kÿ om.
15 Junie
In Oost staan 'n ou maar witvark aan die ander kant van die vark is 'n klip duskant kom 'n blok uit blok en klip druk
vark weg. Toe word die wereld lig aan die Ooste springhane trek yl aan die Ooste.
1 Julie
Ver in Europa in Oost is zwartbeeste hulle hoorns is baië skerp. In die Weste is nieuwe waans, bÿ die waans staan 'n leer, die leer staan regop nteen die waans. Toe kom daar een en tel die leer op toe hÿ die leer optel is bo op 'n platvorm en op die platvorm is drie boere.
9 Julie
In die Zuid weste staan 'n man en skiet naar na Zuid Weste zodat ek die skote hoor.
29 Julie
Van more zien ek 'n mandje vol amper rÿp perziken in die weste en dit is somers geel perziken.
1 Aug 1917.
In die rigting naar Johannesburg lê 'n groot klomp droge hout van omtrent honderd tree in die ronte Daar staat 'n tafel gedek en daar is kou gestampte mielies in 'n skotel en 'n skotel kou pap kom ook op die tafel
5 Aug.
In Europa kom 'n draad in gezich. Aan die draad hang 3 wit lappe en 'n paar wit blauwes.
12 Aug.
Aarde is pik zwart zo groot als hÿ is, van weste kom 'n kaffertje hierheen.
21 Aug.
'n Klomp beeste hardloop in Europa daar is vaal beeste tussen, hulle is naderhand voor en hardloop of iets hul jaag.
'n Pad gaan na die weste en onder in die pad staan ezels agtermekaar.
22 Aug.
Ver in die Weste in Europa is 'n klomp mense of hul op 'n bank zit. toe die mense wegraak rÿ daar 'n man te perd en daar is enkele springbokke.
23 Aug.
Aarde is 'n huiswerf. (tÿd)
31 Aug.
In Kaap kom waans by 'n vloer bÿ mekaar, toe hul bÿ die vloer kom gaan die koring gerwe na die vloer en die koring word skoon. In Europa in West kom 'n blauw vlag uit net of hÿ hierheen wil kom. In D.W. is 'n garing kraal, toe gee die kraal 'n draai en is toe waans wat daar na die zuide rÿ.
2 Sept.
In N.O. is 'n klomp mielies aan mekaar gebind die mielies verander aan mense met swart jasse. die mense gaan reg Oost op hul trek in hoge gras en raak weg, daar is toe enkele springbokke (Europa) In Europa is die skoon geel mielies op 'n groot hoop en ook 'n groot klomp wit mielies.
17 Sept.
Uit die Ooste kom ossewaans met wit seile hul trek dat die stof agter hulle uitkom.
20 Sep.
Uit die Ooste kom perre waan maar hul perre is baië maâr en hul lÿk nabÿ.
21 Sept.
In die Noorde is baie rÿ koring die koring en kaf is deurmekaar ek steek mÿ hand in die koring en tel op.
23 Sept.
In Oostelike rigting omtrent te Johannesburg is baië wit en zwart bokke deur mekaar. Van Oost na Wes is 'n pad en in die pad is 'n klein Kaffertje en jaag maar varke hier heen. In Vrÿstaat kom baië ezels karre bÿ mekaar na Westekant gaat'n stof gerÿde pad en ek gaan skierlik langs die pad.
26ste Sept. 1917
In Johannesburg is 'n rooi-bruin bees, hÿ kÿk na die Ooste kant en word baië maar. Van die Ooste kom 'n vuur en brand Noord Wes. Aarde is zwart
1 Oct.
Die mielie stronke is bÿ Johannesburg aan brand Aan hierdie kant van Johannesburg is 'n klomp vaal witpens bokke bÿ mekaar. op 'n bult. Van Oost kom wilde makauwe en trek die
zelfde rigting wat die vuurgebrand het. Aan die Ooste kom 'n rÿ kafferassigaaie uit. Van Oost na N.W. gaan groot en klein rooi beeste.
6de Oct
Aan die Weste kant staan 4 blik skotels wat skoon is; toe staan daar drie boere potte en vuur brand onder hulle. Toe die vuur dood is, skep ek kos uit een pot in een skotel.
14de Oct
Van Oost na Wes draf osse met lege waans.
17de Oct
Uit zuid Oost kom waans en die stof voor die waans raak aan
brand . Die ezels hardloop van Oost naar oordwes.
18de Oct
Kom 'n dam in gezich vol water die water raak weg en die klippe van die blat van die dam maak hom vol en daar kom nog 'n dam in gezich en toe is daar wat leeg is toe kom 'n berg
in gezich en agter die berg is 'n groot leê dorp.
25 Oct
Uit die Ooste kant kom wit perre en en bokke deur mekaar voor loop 'n wit perd.
1 Now.
In Europa kom 'n wit zambreel uit.
5 Now.
In die Zuid Oostekant is 'n ronde huis van plank, bo op die huis is mense en daar lê ook twee handbÿltjes ek vat een en hÿ blik van skerpheid.