Pitbull
Verboten
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2534718,00.html
Glad to see the SABC is now forced to call it Pretoria and no longer Tshwane.
Going forward if they refer to Pretoria as Tshwane massive fines will be imposed.
Pretoria jou doring
Dit is inderdaad Pretoria en nié Tshwane nie.
Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het gister beslis die SAUK oortree sy uitsaaikode deur in sy TV-nuus na Tshwane te verwys.
Al het die kommissie nie die SAUK gestraf nie, kan hy swaar beboet word as hy die uitspraak ignoreer.
Die UKKSA het verlede maand ’n verhoor gehou nadat die burgerregte-waghond AfriForum ’n klagte daaroor ingedien het.
Mnr. Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, het gesê die uitspraak is ’n oorwinning vir die ondersteuners van Pretoria se naam én almal wat wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe wil bevorder.
AfriForum het tydens die verhoor aangevoer dit is onprakties en onbillik om die naam Tshwane, wat ’n metroraad s’n is, saam met ander dorpe en stede s’n te gebruik.
Kriel het daarop gewys dat die SAUK in nuusbulletins die naam Tshwane, wat ’n munisipaliteit s’n is, saam met die name van ander stede soos Port Elizabeth en Durban gebruik.
Dié stede se munisipale name is onderskeidelik die Nelson Mandela-metropool en eThekwini.
Mnr. Fakir Hassen, bestuurder van uitsaainakoming en -beleid by die SAUK, het ter verdediging gesê die presidensie is “inderdaad” in Tshwane en nie in Pretoria nie, “wat nou per definisie ’n woonbuurt in Tshwane is”.
Die UKKSA het in sy uitspraak gesê hy moes eers probeer vasstel wat die hoofstad se naam is. Die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name se databasis het gewys Tshwane is nie as ’n pleknaam geregistreer nie, maar Pretoria wel.
Daar word ook verwys na ’n besluit wat die Tshwane-metroraad in Maart 2005 geneem het om die “City of Tshwane” as ’n geografiese pleknaam te registreer.
“Dié besluit bewys die metroraad was daarvan bewus dat die naam Tshwane geregistreer moet word voordat dit as die stad se naam gebruik kon word.
“Volgens alle inligting het die minister van kuns en kultuur nog nooit die naamsverandering na Tshwane goedgekeur nie,” het die UKKSA in sy uitspraak gesê.
Hassen het in die verhoor ontken die SAUK mislei sy kykers doelbewus deur na Tshwane te verwys.
Die UKKSA het egter bevind die uitsaaier oortree sy kode “met onwaarhede deur voor te gee Tshwane is as ’n geografiese pleknaam geregistreer”.
“Ons dink dus Hassen is verkeerd as hy sê die presidensie is in Tshwane en nie Pretoria nie.”
Die UKKSA het beslis die SAUK oortree art. 34.1 van die uitsaaikode “omdat hy geen regsgronde het om tussen Pretoria en ander stede te onderskei nie
Glad to see the SABC is now forced to call it Pretoria and no longer Tshwane.
Going forward if they refer to Pretoria as Tshwane massive fines will be imposed.
Pretoria jou doring