Vusi Mahlangu, die studente-aktivis wat na bewering ontvoer is, is
Dinsdag in hegtenis geneem.
Maj. Robert Netshiunda, nasionale woordvoerder van die Valke, het gesê
Mahlangu is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklagte van meineed en
dwarsboming van die gereg. Volgens Netshiunda het Mahlangu die Valke se
kantoor in die Oos-Kaap besoek en sy weergawe van die gebeure het
agterdog gewek, waarna hy in hegtenis geneem is.
Maroela Media het vroeër berig
<http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/studente-aktivis-se-verdwyning-ondersoek/>
ʼn soektog is
ʼn soektog is verlede week van stapel gestuur nadat Mahlangu glo “vermis”
geraak het. Mahlangu se vriende het beweer hy is die laaste keer gesien
toe hy Dinsdagoggend by sy vriend se huis in Mthatha in die Oos-Kaap weg
is om ʼn vergadering met kontrakwerkers by te woon.
Sy vriende het later die dag glo ʼn WhatsApp-boodskap van Mahlangu se
foon gekry waarin hy beweer hy is ontvoer en aangerand en word in ʼn
donker kamer aangehou. Mahlangu het Vrydag beweer hy is deur sy
ontvoerders vrygelaat en het Dinsdag ingestem om met die Oos-Kaapse tak
van die Valke te vergader.
Mahlangu is bekend vir sy onderhandelings oor kontrakwerkers by die
Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT). Ná gesprekke het die bestuur
met ʼn proses begin om kontrakwerk uit te faseer en werkers se salarisse
te verhoog. Hy is daarna na die Oos-Kaap om soortgelyke gesprekke by die
Walter Sisulu-universiteit te voer.
Mahlangu sal binnekort in die Mthatha-landdroshof verskyn.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ontvoerde-studente-aktivis-in-hegtenis-geneem/
Google translate - Vusi Mahlangu, the student activist who was abducted allegedly been
arrested on Tuesday.
Maj. Robert Netshiunda, national spokesperson for the Hawks said
Mahlangu was arrested on Tuesday on charges of perjury and
obstruction of justice. According Netshiunda Mahlangu Hawks
office visit in the Eastern Cape, and his version of events
suspicions aroused, and he was arrested.
A search was launched last week after Mahlangu "missing"
fell. Mahlangu's friends claimed he was last seen
when he on Tuesday morning at his friend's home in Mthatha in the Eastern Cape road
to attend a meeting with contract workers.
His friends later that day believing a WhatsApp message Mahlangu's
phone found in which he claims he was abducted and assaulted in a
kept dark room. Mahlangu said on Friday claimed he was by his
kidnappers released and agreed Tuesday with the Eastern Cape Branch
of meeting the Falcons.
Mahlangu was known for his negotiating contract workers at the
Tshwane University of Technology (TUT). After discussions, the management
a process begins to phase out contract work and workers' salaries
increase. He then went to the Eastern Cape for similar talks with the
Walter carry Sisulu University.
Mahlangu will soon appear in the Mthatha Magistrate's Court.