beesboertjie
Senior Member
- Joined
- Jun 13, 2017
- Messages
- 523
Dankie garp. Ek onthou goed toe ons na die metrieke stelsel oorgeskakel het. D-Dag ... die derde dag van die derde maand 1961. Daan die Desimaal. Voor dit het ons ponde en sjielings en pennies gehad. 20 Sjielings in ‘n pond en 12 pennies in ‘n sjieling. Eish. Sommige bankklerke kon dit in hulle kop optel (daar was nie rekenaars nie).
Ons het ‘n sjieling 10c werd gemaak. ‘n Pond het dus R2 geword. Nou wonner ek hoekom kos ‘n Pond vandag R18 … dis net R2 werd. Wie steel my geld?
Ons is nie die enigste land wat besluit het op die komma nie. Drukkers het gesê die punt kan maklik ‘n ink kolletjie wees. Ek gebruik nog altyd die komma.



