Nog foto's van die betogende barbaarse studente.....
Noue ontkoming toe studente man in bakkie teiken
'n Man se bakkie is Maandagmiddag in Johannesburg op sy dak gekeer toe studente hom agternagesit het nadat hy in sy voertuig op hulle afgejaag het.
Die studente van die #WitsFeeMustFall-beweging het in Empireweg in Johannesburg gesit en die pad versper toe die motoris op hulle afgejaag het.
Die man het sy engin se toere opgestoot en studente het uit die pad uit gespring waarna die man deurgery het na 'n nabygeleë Engen-petrolstasie.
Die studente het gesien hoe hy daar indraai en het hom agterna gesit.
Hulle het alles wat hulle in die hande kon kry na hom gegooi en die Corsa-bakkie se vensters gebreek.
Sommige leiers, waaronder Mcebo Dlamini en Vuyani Pambo, het probeer intree om die studente sover te kry om op te hou.
Dit het nie gewerk nie.
Hulle het voortgegaan om voorwerpe na die bakkie te gooi, waarna die polisie die man uit die bakkie moes red.
Die polisie het met die man na hul voertuig gehardloop om hom veilig te probeer hou.
Daarna het die studente die man se bakkie omgekeer (Netwerk24)
https://www.facebook.com/henrileriche/posts/10153236907253295