Farewell Bantam

Rouxenator

Dank meme lord
Joined
Oct 31, 2007
Messages
46,376
Reaction score
22,389
Location
Stellenbosch
My first car/bakkie was a Bantam. Quite sad to hear that they are now something of the past...

http://www.dieburger.com/Motors/Nuus/Bantam-eie-aan-SA-raak-te-duur-vir-Ford-20111123

Stil broers, daar gaan ’n bakkie verby. Nog ’n halftonnertjie het gesneuwel.

Ford het bekend gemaak hy het produksie van sy gewilde Bantam-bakkie gestaak amper drie dekades nadat die eerste Bantampie die lig gesien het.

Anders as Nissan, wat destyds sy immergroen 1400-bakkie deur die NP200 vervang het, is daar geen plaasvervanger vir die Bantam nie.

Die Bantam het in 1983 sy verskyning gemaak en was gegrond op die ou Mk 111 Ford Escort.

Die tweede generasie Bantam het soos die Mazda Laser-sedan en -luikrug gelyk en daar was ook ’n Mazda-weergawe wat die Rustler geheet het. In 2002 het die bakkie die Ford Fiesta se voorkant en binneruim geërf.

Die Bantam is ’n Suid-Afrikaanse skepping waarvan maand ná maand enigiets tussen 500 en 1 000 eenhede verkoop is.

In die Bantam is deur die jare ’n verskeidenheid enjins ingespan waarvan die bekendste die 1,3 liter- en 1,6 liter-RoCam-kragbronne (petrol) was wat ook plaaslik vervaardig is. Daar was in ’n stadium ’n 1,8 liter-dieselweergawe (sonder ’n turbo) wat slakstadig was; later ’n 1,4 liter-turbodiesel, maar met heelwat meer woema.

Die laaste Bantam is verlede Donderdag om 11:45 in Ford se aanleg in Pretoria “gebore”. Die koste om die Bantam mededingend te hou, raak te hoog weens die feit dat die bakkie net in Suid-Afrika verkoop word, sê Ford. Boonop word die hele aanleg nou gerat vir die bou (ook vir die uitvoermark) van die nuwe Ford Ranger-bakkie.

Sowat 110 000 Rangers sal jaarliks in Pretoria gebou en na 148 lande uitgevoer word.

Die enjins word in Ford se enjinaanleg in Port Elizabeth gebou. Dis dieselfde aanleg waar die RoCam-enjins wat in die Bantam ingespan is, gebou is.

Ford sê onderdele vir die Bantam sal soos gewoonlik beskikbaar wees.

Die Bantam se heengaan bring mee dat die twee voorste verkopers onder die halftonners, Chevrolet se Corsa Utility en Nissan se NP200, ’n groter hap van die kleinbakkie-koek gaan kry.

En wie sal ooit daardie oulike Bantam-TV-advertensie vergeet waarin die bakkie se veelsydigheid met verskillende gebruike beklemtoon is en boonop met die uitdrukking “Boet, jy kort ’n Bantam”.
 
didn't expect that either :( Loved my 2008 little bantam.
 
I loved my copper coloured 2003 1.6 XLE (with armadillo cover) ... until my son wrote it off earlier this year. :( It was tough, reliable, comfy and nippy in rush hour traffic.

R.I.P. Bantam
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X