kaspaas
Expert Member
Lees onderstaande in die lig van Telkom se winste
<hr noshade size="1">
http://www.news24.com/Beeld/TotUDiens/0,,3-974_1542500,00.html
Swak infrastruktuur belemmer Telkom-diens
Me. Liesl Morsner van Pretoria sê sy kry nie bevredigende antwoorde van Telkom nie nadat sy gekla het oor die gebrek aan telefoonlyne in Faerie Glen, Pretoria.
"Ek het 'n verwysingsnommer gekry nadat ek om die lyn aansoek gedoen het, maar ek kry geen antwoord oor hoekom dit so lank neem nie. Daar bestaan ook geen alternatief nie," het sy geskryf.
Volgens Telkom staan hulle geensins ongenaakbaar teenoor die verskaffing van telekommunikasiedienste in die gebied nie, maar die infrastruktuur is tans onvoldoende om enige telefoondienste te verskaf. Die verskaffing van dienste in die gebied sal in Augustus heroorweeg word.
Ook me. Frenette Grabie uit die noorde van Pretoria het by ons kom kla omdat Telkom nie sover kom om 'n kabel te lê om 'n lyn aan haar te verskaf nie.
"Niemand kan vir my 'n antwoord gee oor wanneer die kabel gelê gaan word nie en elke keer daag iemand van Telkom hier op om die foon te installeer en dan is die kabel nog nie gelê nie," het sy geskryf.
Telkom het gesê hulle is weens verskeie beperkings nie in die posisie om nou die diens te verskaf nie.
Die verskaffing van die diens is totaal onekonomies.
South Africa needs World Class Broadband at World Competitive Prices.