http://www.beeld.com/Content/MyBeel...nderwolkie_oor_foute_kom_oor_Afrikaner-breine
Minderwaardigheidskompleks, beslis. Dit wys egter nie in die reaksie op Riaan nie. Hoe op aarde kry jy minderwaardigheid gelees uit die reaksie op Riaan se brief? Jy doen ons nie eens die guns om dit uit te lig nie.
Watter volwassenheid? Swarrie gee ten minste 'n bleddie teksvers.
Nee die wêreld skuld ons niks. Maar ons skuld die wêreld ook niks. Veral die jong mense wat niks met Apartheid te doene gehad het nie.
Ek weet nie of jy dit besef nie Nel Joubert, maar die hogere kultuur waarna jy verwys word wel bedryf deur 'n klomp snobistiese bliksems wat werklik dink hulle is beter as ons. Jy klink dit my dink weer jy is beter as ander al gebruik jy soos ek die term ons. Ja ek kritiseer self ons bubblegum musiek, maar as jy mooi kyk sal jy sien die dieper kunstenaars maak wel 'n bestaan... Ons misdade word teenoor onsself gepleeg. Ons het nie grootskaalse strooptogte op andere nie.
Waarvan praat jy? In my opinie is ons te Jannie Jammergatterig. Ons leef seker in verskillende wêrelde. Nee, bly man. Jy sien dan mos die waarhede! Moet nie onder 'n skeinheilige vaandel oorsee neuk en daar vir almal gaan staan en vertel jy is 'n geestelike "refugee" nie! So wreed vasgevang tussen al die Afrikaner barbare! Ek kan al sien hoe jy lekker tussen die oorsese onkundige liberale sit en strooi praat! Niks sal my groter plesier gee as om jou hier te sien sit nie. Soos ons almal maar en al klaende probeer om dinge te fix. As daar een ding is wat ek graag sal wil sien is dat die Afrikaner sy rug so styf maak, dat dit die om hom sommer ook sal laat regop sit! Want vir jou en die wat soos jy dink se strooi het ek nie meer tyd nie. Julle kry al die tyd in die wêreld om julle sê te sê maar dit sal nie meer onbeantwoord bly nie. Dit kan ek jou verseker.
Ag vader, maar ek skaam my vir my nasie met sy minderwaardigheidskompleks. Die reaksie op Riaan se brief is niks minder as barbaars nie.
Minderwaardigheidskompleks, beslis. Dit wys egter nie in die reaksie op Riaan nie. Hoe op aarde kry jy minderwaardigheid gelees uit die reaksie op Riaan se brief? Jy doen ons nie eens die guns om dit uit te lig nie.
Ons moet ons tog nie vir een oomblik verbeel dat ons geestelik hoegenaamd die volwassenheid ontwikkel het wat deur die Bybel gevra word nie.
Watter volwassenheid? Swarrie gee ten minste 'n bleddie teksvers.
Ons is oprukkerige martelaars wat dink die wêreld skuld ons iets.
Nee die wêreld skuld ons niks. Maar ons skuld die wêreld ook niks. Veral die jong mense wat niks met Apartheid te doene gehad het nie.
Ons, met ons swak algemene kennis en platvloerse kultuur*smaak, ry met ons groot 4x4’s en laat ons gesigte Botox en hang met bierbottels om die rugby-uitsendings en dan het ons alewig die vermetelheid om te dink ons is beter as ander mense. Die koerante is ook vol van ons misdade, selfs keelafsny en steel en roof en bedrieg, maar die wonderwolkie wat oor die Afrikaner se brein stoot as dit by sy eie foute kom, verdoesel altyd daardie waarheid.
Ek weet nie of jy dit besef nie Nel Joubert, maar die hogere kultuur waarna jy verwys word wel bedryf deur 'n klomp snobistiese bliksems wat werklik dink hulle is beter as ons. Jy klink dit my dink weer jy is beter as ander al gebruik jy soos ek die term ons. Ja ek kritiseer self ons bubblegum musiek, maar as jy mooi kyk sal jy sien die dieper kunstenaars maak wel 'n bestaan... Ons misdade word teenoor onsself gepleeg. Ons het nie grootskaalse strooptogte op andere nie.
Ons is te infantiel om ons eie foute te erken. As ek uit hierdie land uit padgee, sal dit die rede wees en ja, trek los, verskree my nou weer en sê, toe loop, voertsek, dis mos hoe die Afrikaner konfrontasie hanteer. Dis hoogtyd dat ons grootword.

Last edited: