ANC gaan gedrukte media transformeer

Schavuit

Well-Known Member
Joined
Mar 23, 2010
Messages
470
Reaction score
0
Die ANC het Dinsdag die gedrukte media in Suid-Afrika se toewyding aan transformasie bevraagteken.

Die regerende party wil die media dwing om hul aandeelhouding aan te pas deur wetlike regulering.

"Drukmedia beskik nie oor 'n handves vir transformasie nie, ten spyte van die verandering wat reeds in die land plaasgevind het," het Jackson Mthembu, die ANC se nasionale woordvoerder, aan joernaliste in Johannesburg gesê.

Volgens Mthembu behoort slegs 15% van Media24 se eiendomsreg aan voorheen benadeelde individue. In Avusa se geval is dit glo 25.5%.

"In Caxton en Independent Newspapers is daar 0%," het Mthembu gesê.

Hy het ook probeer verduidelik waarom die ANC die mediatribunaal wil implimenteer om die media reguleer.

Volgens hom sal dit soortgelyk wees aan die wetgewing wat die uitsaai-media reguleer.

"Die ANC wil nie persvryheid beperk nie. Hierdie is niks nuut nie. Dit is iets wat reeds in gebruik is in die uitsaai-media.

"Ons glo die tribunaal sal redakteurs met hul werk bystaan," het hy gesê.

http://praag.co.za/nuus-magazine-40...656-anc-gaan-gedrukte-media-transformeer.html

Een van die reaksies slaan die spyker op sy kop.

Dis nou weer 'n slag 'n brokkie goeie nuus. Skaam julle Media24. Maak die meeste bohaai oor transformasie, en gee net 15% van jul belang aan agtergeblewenis.
Die tyd het gekom dat julle maai wat julle saai.
 
English Translation: "Bitch, Whine, Moan, Apartheid, etc. - yours faithfully, the ANC"
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X