10 jaar vir oudhoof wat met meisies lol

zulgin

Expert Member
Joined
Aug 14, 2010
Messages
1,991
Reaction score
2
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/10j-vir-oudhoof-wat-met-meisies-lol-20101112
Fanie van Rooyen

’N Voormalige hoof van ’n kerkskool in Pretoria-Noord wat skuldig bevind is aan die sek*suele misbruik van vier jong leerlinge is gister tot tien jaar tronkstraf gevonnis.

Landdros Pieter Nel het in die Pretoria-Noord-landdros*- hof gesê hy beskou Enrico Kuyper (70) se totale gebrek aan berou oor sy dade en dat hy sy gesagsposisie as skoolhoof misbruik het as verswarende faktore.

Kuyper, voormalige hoof van die Gereformeerde Kerk-skool in Pretoria-Noord, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis op elk van twee aanklagte van onsedelike aanranding en tien jaar op ’n aanklag van verkragting, maar hy sal die drie vonnisse gelyklopend uitdien.

Die vier meisies was ten tyde van die voorvalle tussen tien en 12 jaar oud.

Ouers van die meisies wat gister by die hof was, is bly oor die vonnisse.

“Ons het gehoop op ’n minimum vonnis van vyf jaar omdat ons kinders al vyf jaar lank ly as gevolg van daardie man en is dus baie bly dat hy tien jaar agter tralies gaan wees oor wat hy gedoen het,” het die ma van ’n slagoffer gesê.

“Dalk laat die swaar vonnis diegene wat steeds glo Kuyper is onskuldig die erns van sy misdade uiteindelik insien.”

Mev. Santefiele Kuyper, Kuyper se vrou, het gister tydens die voorvonnisverrigtinge getuig sy glo steeds haar man is onskuldig.

“Wat ook al die hof vandag beslis, die Here weet wat reg en verkeerd is,” het mev. Kuyper gesê.

Kuyper is daaraan skuldig bevind dat hy die vier meisies, wat na hom as hul “tweede
oupa” verwys het, seksueel misbruik het deur herhaaldelik in ’n kerksaal, sy kantoor en sy voertuig aan hul borste, boude en geslagsdele te vat.

Nel het gesê hy het Kuyper se bejaardheid en groot aansien in die gemeenskap in aanmerking geneem, asook dat hy aan ’n oorerflike siekte ly wat sy gewrigte aantas, maar dat hy die aard van die oortredings en dat die voorvalle oor ’n lang tydperk plaasgevind het in ’n baie ernstige lig beskou.

“Jy het jou gesagsposisie oor die baie jeugdige klaagsters misbruik en inbreuk gemaak op hul regte, hul privaatheid en hul integriteit,” het Nel gesê.

“Dat die jong klaagsters waarskynlik vir die res van * hul lewe sielkundige letsels met hulle sal moet saamdra, is gewis en dit is onaanvaarbaar.”

Kuyper se regsverteenwoordiger het aangedui dat hy beplan om namens Kuyper aansoek om verlof tot appèl te doen.

jong hierdie wêreld van ons is baie siek :(
 
Those girls who were only abused, are they also scarred for life like those who were raped?
 
With a 10 year sentence they should not allow him early release or they shoulda made his sentence longer & allow early release at 10 years.

Those girls were forced to grow up early & will possibly battle to start normal relationships as as teens nevermind enter into marrige/long term relationships as adults.
 
They will even turn a blind eye to activities with their own children.
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X