In daai opsig was ek seker gelukkig. Ek koop ook gereeld aanlyn (by Kalahari), en ek het nog net een pakkie laat ontvang, en dit met net 2 werksdae. Tot dusver het ek geen klagtes nie, maar is bewus dat heelwat ander mense het. Ek moet erken dat hulle support uiters traag is, en dat ek maklik meer probleme kon gehad het. Een maal byvoorbeeld het ek aangevra dat hulle die afleweringsadres verander aangesien ek nie by die adres op die oorspronklike bestelling sou kon wees nie. Ek het dit 2 weke voor die afleweingsdatum gevra, en eers terugvoer gekry 'n dag nadat die pakkie reeds afgelewer was. Gelukkig was daar heel onbepland iemand tuis.
Die grootste struikelblok vir aanlynverkope, dink ek, is egter die patetiese vlak van Internet penetrasie in Suid Afrika. Heelwat mense het glad nie Internet toegang nie, en selfs die's wat het is nie altyd eers bewus hulle kan aanlyn inkopies doen nie. Baie mense het byvoorbeeld nog die indruk dat mens slegs met 'n kredietkaart kan betaal.