USZA
Executive Member
Man in polisiesel vermoor
2012/04/23 12:02:39 AM
KAAPSTAD. – ’n Man van Bellville is glo Saterdag in die Durbanville-polisieselle doodgeskop nadat hy weens openbare dronkenskap opgesluit is.
Mnr. Eben Meyer (47) van Bellville is glo omstreeks 01:30 deur twee mans in die selle aangerand. Hy is na bewering herhaaldelik geskop en geslaan en het ernstige kopbeserings opgedoen.
Meyer het volgens sy familie by die Stones-kroeg in Durbanville gekuier nadat hy glo ’n rusie met sy verloofde, me. Sylvia Hamman, gehad het.
Die polisie het Meyer Saterdag om 01:00 in Renbaanweg, Durbanville, opgelaai en na die polisiekantoor geneem weens openbare dronkenskap. Hy is volgens die polisie saam met agt ander mense wat ook onder die invloed was, in ’n sel aangehou.
Lt.kol. Andre Traut, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die twee mans verskyn môre in die Bellville-landdroshof op aanklagte van moord.
“Hy is in die selle aangerand en het weens sy beserings beswyk. Hy is Saterdagoggend vir openbare dronkenskap in hegtenis geneem. Dit blyk hy en die twee mans was in ’n rusie betrokke, wat tot die bakleiery aanleiding gegee het,” het Traut gesê.
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekende Direktoraat (Opod) ondersoek ook die voorval. Mnr. Moses Dlamini, Opod-woordvoerder, kon egter nie vir kommentaar bereik word nie.
Meyer se pa, mnr. Brian Meyer van Saldanha, het gister vertel hy het om 02:05 ’n oproep van die polisie ontvang om te sê sy seun is in die polisieselle dood.
“Ek was geskok toe ek dit gehoor het. Ek kon nie verder praat nie.
“Hy het voorheen ’n drankprobleem gehad, maar hy was die afgelope paar maande nugter,” het sy pa gesê.
Die familie sal vandag sy lyk in die staatslykshuis by die Tygerberg-hospitaal gaan uitken. Daar is nog geen begrafnisreëlings nie.
Sy oudste dogter, Naomi (24), het gister met trane in haar oë vertel hulle is in die duister oor die gebeure.
“Die polisie moes seker gehoor het toe hulle my pa aangerand het. Hoe kan dit wees dat niemand gehoor het nie? Niemand het hom gehelp nie.”
Die familie het reeds berading gekry.
Meyer laat buiten sy verloofde en oudste dogter ook twee ander dogters, Sonika (22) en Inge (17), agter. Hy het ook ’n kleinseun, Marko (2).
Klik hier om die res van die storie te lees...
Apologies that the story is in Afrikaans but the gist of it is this:
- Guy was picked up for being drunk in public
- Was held in a police cell with eight other people who were also under the influence
- Got into an argument with two of the guys
- Argument led to a fight which led to the two guys physically attacking him
- Man died as a result of the unjuries sustained during the attack
My sister-in-law's cousin just forwarded this story to me because the deceased was her colleague.
This was always the part that worried me about being locked up in in a police cell; the lack of safety aspect and the inherent risk/danger of being locked up with repeat offenders. Plus, in this case, throw alcohol in the mix and intoxicated persons with attitude and you end up with a situation that turned out the way this one did.
Condolences to his family for their loss.
Last edited: